Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klapmuts: Man met ketting aan paal vasgebind

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n man van Klapmuts buite Stellenbosch Donderdag omstreeks 06:30 ’n veiligheidswag op ’n plaas aangerand het.

Volgens Michelle Heyns se inskrywing op Facebook het die slagoffer, Curtley Pieterse van Groot Drakenstein, naby die Paarl, ’n verklaring uitgereik waarin hy sê die man het hom met kettings aan ’n paal vasgebind en ook daarmee deur die gesig en oor sy lyf geslaan.

Pieterse, wat vir spesiale beskermingsdienste werk, het ’n geskeurde verhemelte, gebreekte neus en ribbes en geskeurde kuitspiere opgedoen.

Curtley Pieterse, ’n veiligheidswag, is Donderdag na bewering deur ’n man op ’n plaas in Klapmuts aangerand. Foto: Facebook

Pieterse het die man in die middernagtelike ure ontbied om hom van verdagte aktiwiteite op die plaas bewus te maak.

Die man het blykbaar toe vir Pieterse daarvan beskuldig dat hy jok en hom toe aangerand.

Lt. kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê hy kan bevestig dat ’n saak van poging tot moord ondersoek word.

Janno Briers-Louw, besturende direkteur van die plaas waar die voorval plaasgevind het en wat ’n familielid is van die vermeende verdagte, sê hulle is bewus van die bewerings, maar wil graag ’n paar feite regstel.

“Hy (die verdagte), werk nie vir Eenzaamheid nie. Hy woon ook nie op die perseel nie. Hy huur slegs ’n skaapvoerkraal en het sy eie personeel. Dié veiligheidswag werk vir hom, nie vir Eenzaamheid nie,” beklemtoon Briers-Louw.

“Hierdie ding veroorsaak chaos omdat Eenzaamheid se naam genoem word. Ek wou net dit regstel.”

Meer oor:  Klapmuts  |  Stellenbosch  |  Veiligheidswag  |  Plaas  |  Aanranding  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.