Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klere gevind in uitgebreide soektog na seun (2)

Die polisie se soek-en-reddingseenheid asook onder meer die honde- en berede-eenhede het Dinsdag saam met die gemeenskap van Delportshoop aan ’n uitgebreide soektog na ’n vermiste tweejarige seuntjie deelgeneem.

’n Verdagte word in Delportshoop in hegtenis geneem nadat ’n tweejarige seuntjie vermis geraak het. Foto: Verskaf

Klere wat vermoedelik aan die seun behoort, is in die veld naby die Vaalrivier gevind.

Dié soektog by die Noord-Kaapse dorp kom nadat ’n 30-jarige man na bewering die afgelope naweek probeer het om die kind se ma te verkrag. Hy kon glo nie daarin slaag nie, en het vermoedelik daarna met die kind gevlug.

Hy het Dinsdag vlugtig in die landdroshof verskyn, en sal Woensdag moontlik aansoek om regsverteenwoordiging doen.

Hy sal na verwagting op vier aanklagte van poging tot verkragting, huisbraak om te steel en aan te rand, en ontvoering teregstaan.

Die DA het intussen ’n beroep op die polisie gedoen om by die verdagte te probeer vasstel waar die seun is.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het gesê die man het na bewering na die ma se huis gegaan om haar vermoedelik te verkrag. Sy het geslaap en hy het haar glo wakker gemaak en gedreig.

’n Worsteling het ontstaan en die man het glo losgeruk en na bewering vermoedelik met die kind weggehardloop.

“Die polisie kon nog nie die kind opspoor nie. Ons het klere in die veld naby die dorp gevind, wat vermoedelik aan die kind behoort.”

Andrew Louw, provinsiale DA-leier, sê die polisie en gemeenskap moet alles in hul vermoë doen om die seuntjie op te spoor.

Die polisie doen ’n uitgebreide soektog na ’n vermiste tweejarige seuntjie van Delportshoop. Foto: Verskaf

“Die seuntjie se naasbestaandes vermoed reeds die ergste nadat sy klere naby die Vaalrivier gevind is. Die familie eis dat die polisie die verdagte dwing om te sê waar die kind is.

“Ons bid vir sy veilige terugkeer. Ons aktiviste en raadslede help om na die kind te soek.”

Hy het verwys na die onaanvaarbare hoë voorkoms van geweld teenoor vroue en kinders, veral in die Noord-Kaap.

Louw sê in die laaste drie jaar is 124 526 verkragtingsake landwyd aangemeld – sowat 41% van die slagoffers was kinders.

“Altesame 2 600 kinders is vermoor. Dit beteken sowat 46 kinders word daagliks verkrag en twee vermoor. Dié onaanvaarbare vlakke van geweld kan nie meer geduld word nie.”

Meer oor:  Andrew Louw  |  Verkrag  |  Vermis  |  Klere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.