Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klerewinkel in Frankfort beroof

Die Ackermans-tak in Frankfort in die Vrystaat het Woensdagoggend die soveelste winkel van dié groep geword om onder ’n gewapende rooftog deur te loop.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n 37-jarige winkelassistent was Woensdagoggend om 10:40 besig om klante in die winkel te help toe vier mans die winkel binnegekom het.

Die rowers het die vrou en nog vyf werkers saam met ’n klomp klante by die winkel se stoorkamer ingedwing.

Die mense is aangesê om op die grond te sit, waarna hulle met kabelbinders vasgebind is.

Die bestuurder van die winkel is beveel om ’n kas waarin selfone toegesluit word, oop te sluit.

Die rowers het toe al die selfone in ’n sak gesit, geld uit die kasregisters geneem en ook klere uit die winkel gevat. Hulle het toe die winkel van buite toegesluit en gevlug, sê Makhele.

Hy sê een van die klante, wat glo nie behoorlik vasgebind was nie, kon homself loskry en het sy knipmes gebruik om die ander mense los te sny.

Intussen het nog klante vir inkopies by die winkel opgedaag en die winkeldeur van buite oopgesluit.

Die polisie en veiligheidsmaatskappy se hulp is ingeroep.

Hennenman se Ackermans is in 2019 en weer vanjaar beroof, terwyl Bothaville en Bethlehem se winkels ook deurgeloop het.

Volgens inligting uit polisieverklarings lyk dit asof rowers meestal op soek is na selfone en dan ook kontant en klere buit.

Meer oor:  Frankfort  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.