Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kleuter kritiek ná skietvoorval

’n Vyfjarige seun veg om sy lewe nadat hy in ’n skietvoorval ernstig beseer is terwyl hy Sondag in die voortuin van sy ouerhuis gespeel het.

’n Sewejarige meisie en ’n 32-jarige man is ook in die skietvoorval in Bonteheuwel, Kaapstad, beseer.

Die drie slagoffers is nie verwant aan mekaar nie.

Kapt. F.C. van Wyk, polisiewoordvoerder, het die skietvoorval bevestig en sê dit het omstreeks 15:30 in Syringastraat plaasgevind.

Die kinders het in die voortuin gespeel toe hulle raakgeskiet is.

Angus McKenzie, ’n plaaslike raadslid en familiewoordvoerder, sê die seun is twee keer in die boud en een keer in sy rug geskiet.

“Hy is in die Rooikruis-kinderhospitaal opgeneem en sy toestand is kritiek. Ons wag vir die dokter om vir ons meer inligting te gee,” sê McKenzie.

Die meisie, wat in die been geskiet is, is reeds ontslaan.

“Die man is verskeie kere in sy been geskiet. Sover ek weet, is hy nog in die Groote Schuur-hospitaal.

“Ek is baie geskok. Ek smeek inwoners om enige leidrade vir die polisie te gee, sodat die skuldige gevang en agter tralies gesit kan word,” sê McKenzie.

Van Wyk sê die omstandighede oor die skietvoorval is nog onduidelik en word nog ondersoek.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bonteheuwel  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.