Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kleuter se lyk in werkswinkel gevind

Die lyk van ’n kleuter wat vroeër vandeesmaand as vermis aangemeld is, is ontdek by ’n motorwerktuigkundige se werkswinkel in die informele nedersetting Msholozi naby Assen, Noordwes.

Khothatso Paul Rampa (3) se lyk is Vrydag gevind, twee weke nadat hy vermis geraak het, sê Maria Nkabinde, ’n polisiewoordvoerder.

“Die lyk was nog ongeskonde toe hy gevind is. Volgens die inligting wat ontvang is, het die eienaar van die werkswinkel die polisie ingelig nadat hy op die kind se liggaam afgekom het,” sê Nkabinde.

Die ondersoek duur voort.

Die kleuter se ouma het hom op 9 Julie as vermis aangemeld, nadat hy die huis verlaat het om iewers te gaan speel en nooit teruggekeer het nie.

Die Assen-polisiekantoor doen ’n geregtelike ondersoek na die seun se dood.

Meer oor:  Noordwes  |  Lyk  |  Kleuter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.