Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kleuter vir meer as ’n uur in warm motor gelos

’n Saak van kinderverwaarlosing en -ingevaarstelling word in Kaapstad ondersoek nadat ’n wetstoepasser van die Kaapstad-metro ’n saak aanhangig gemaak het teen ’n vrou wat vermoedelik ’n driejarige kind Sondag in ’n toegesluite motor in die stad gelos het.

Die Slave Route-wedloop wat Sondag in Kaapstad gehou is. Foto: Slaveroutechallenge-Twitter

Wayne Dyason, woordvoerder van die metro se wetstoepassingsafdeling, sê die beampte was op patrollie tydens die Slave Route Challenge-wedloop in Darlingstraat in die middestad toe omstanders hom inlig dat ’n kind sonder enige toesig in ’n toegesluite motor agtergelaat is.

“Die beampte was besorg oor die hitte en kon deur ’n agterruit, wat ’n bietjie oop was, toegang tot die voertuig verkry. Hy het vir die kind sap gekoop en by die voertuig gewag totdat iemand daarheen terugkeer,” het Dyason gesê.

Hy sê ’n vrou het ná sowat ’n uur opgedaag en haarself as die versorger van die kind geïdentifiseer. “Die beampte het die kind en die versorger na die polisie gebring en ’n saak van ingevaarstelling van ’n kind geopen. ”

Dyason het gesê volgens inligting het die vrou nie aan die wedloop deelgeneem nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe het ’n saak van kinderverwaarlosing en/of -ingevaarstelling aanhangig gemaak.

“Die omstandighede rondom hierdie voorval word ondersoek, en tot dusver is nog niemand in hegtenis geneem nie,” sê Rwexana.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kind  |  Ondersoek  |  Saak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.