Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kliniek in PE weer gevandaliseer

Die Walmer Gqeberha-kliniek in Port Elizabeth is Maandag tydelik gesluit nadat vandale die gebou die naweek geplunder het.

Dit is die tweede soortgelyke voorval binne ’n week by die kliniek.

Werkers by die Walmer Gqeberha-kliniek in Port Elizabeth het Maandagoggend die kliniek in ’n warboel aangetref. Foto: Verskaf
Vandale het brandblussers in die gange en kantore van die Walmer Gqeberha-kliniek gespuit. Foto: Verskaf

In die jongste voorval is rekenaars in die kliniek vernietig en antiretrovirale middels en waterpype gesteel.

Benewens die nat vloere in die kliniek weens die gesteelde waterpype, is brandblussers op die vloere van die kliniek leeggespuit.

Die vandale het vermoedelik deur die dak toegang tot die kliniek verkry.

Helen Sauls-August, LUR vir gesondheid in die Oos-Kaap, het Maandag in ’n verklaring gesê sy het met skok van die voorval verneem en meen die vandalisme is ’n terugslag in die regering se pogings om primêre gesondheidsorg aan gemeenskappe te voorsien.

“Inwoners se reg tot gehaltegesondheidsdienste word deur die misdadigers geskend. Die gemeenskap in die Nelson Mandelabaai-metro moet teen misdaad opstaan en die gesondheidsgeriewe teen misdadigers beskerm,” sê Sauls-August.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê sake van opsetlike saakbeskadiging en huisbraak word deur die polisie ondersoek.

Pasiënte word aangeraai om die kliniek in 14de Laan, Walmer, óf die Port Elizabeth-Sentraal-kliniek te gebruik terwyl die Walmer Gqeberha-klink gesluit is.

Dié kliniek sal heropen sodraWalmer Gqeberha-kliniek die polisie se ondersoek op die toneel afgehandel is en die gebou opgeruim is.

Mediese toerusting is op die vloere van die kantore in die Walmer Gqeberha-kliniek aangetref. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.