SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Klippe in Bfn: 'So bly Liewe Jesus het ons beskerm'

“Ek is so bly Liewe Jesus het ons beskerm.”

Dít was Saterdagaand die woorde van ’n vierjarige meisietjie van Bloemfontein kort nadat haar ma oor ’n rooi verkeerslig in Bloemfontein moes jaag omdat haar Kia Picanto by ’n kruising naby die Universiteit van die Vrystaat met klippe bestook is.

Die merke op die dak en lugdraad van Cindy Kruger se Kia Picanto nadat dit met klippe bestook is. Foto: Mlungisi Louw

Cindy Kruger (32), ’n haarstilis in die stad, was in die motor saam met haar twee dogters van onderskeidelik vier en ses jaar oud. Geeneen van hulle is beseer nie.

Mense geklee in rooi het glo Saterdag ná ’n EFF-studentekonferensie in Bloemfontein op die hoek van Nelson Mandela- en D.F. Malherbe-rylaan motoriste met klippe bestook.

Mandisa Makesini, EFF-leier in die Vrystaat, het vroeër by navraag gesê sy weet nie van klipgooiery die naweek in die stad nie. Maar volgens ’n video wat deur ’n ooggetuie gemaak is, is motoriste tussen 16:00 en 18:00 op die hoek van Nelson Mandela- en D.F. Malherbe-rylaan deur jeugdiges in rooi met klippe bestook.

Kruger en haar kinders was van Langenhovenpark na Dan Pienaar op pad toe hulle omstreeks 18:00 onder die klippe gesteek is.

“Ewe skielik het ek twee harde slae gehoor. Sonder om te dink, het ek oor ’n rooi verkeerslig gejaag. Ek was te geskok.”

Sy sê voordat haar motor se dak twee keer deur klippe getref is, was daar ’n groot groep mense by ’n restaurant naby die verkeerslig en verskeie ander het heen en weer oor die pad gehardloop.

Kruger sê sy is dankbaar dat sy en haar kinders ongedeerd is. “Ek is verskriklik bly ons het niks oorgekom nie. Dit kon soveel erger gewees het.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Aanval  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.