Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Klopjagte in eThekwini oor beweerde bedrog van R700 m.

Daar is Dinsdag op verskeie artikels – waaronder skootrekenaars, hardeskywe, selfone, bankkaarte, fakture en dokumente – gedurende ’n operasie deur lede van die Valke en ander wetstoepassers in Durban en omliggende gebiede beslag gelê.

Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê klopjagte is by talle eiendomme uitgevoer. Verskeie daarvan behoort aan amptenare verbonde aan die eThekwini-munisipaliteit se afdeling vir water en sanitasie, sowel as sy diensverskaffers.

“Die klopjagte hou verband met bedrog, korrupsie en geldwassery. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Volgens Mulaudzi het die Valke in Junie vasgestel dat R200 miljoen van die munisipaliteit glo verduister is. Daar is nou ontdek dat ’n verdere R500 miljoen verdwyn het.

“Die totale bedrag van R700 miljoen hou verband met diensverskaffers wat veronderstel was om dienste vir die munisipaliteit se afdeling vir water en sanitasie te lewer. Die dienste is glo nooit gelewer nie.

“Daar is na bewering wanvoorstellings aan die munisipaliteit gedoen en in sommige gevalle is gemagtigde handtekeninge, wat vir goedkeuring vereis word, glo nie op fakture nie. Groot bedrae geld is goedgekeur en glo in munisipale amptenare se rekeninge inbetaal,” het Mulaudzi gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.