Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kluis opgeblaas: Polisie weet nie wie 2 beseerdes is
Dié foto's van ’n onbekende man en vrou wat op Theunissen in ’n rooftog beseer is, is die afgelope week wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitte

Die polisie kon nog nie vasstel wie die man en vrou is wat dié week in die vroeë oggendure op Theunissen in die Vrystaat beseer is toe rowers ’n kluis met plofstof oopgeskiet het nie.

Die twee, wat albei kopbeserings opgedoen het en erg gebloei het, het glo ná die rooftog die winkel verlaat en weggery.

Foto’s van hulle is daarna op Twitter gedeel.

Volgens die inskrywing het die man en vrou glo die oggend uit Bothaville na Bloemfontein gery en hulle op Theunissen in die rooftog vasgeloop.

Die vrou was glo op pad na Bloemfontein vir ’n mediese ondersoek. Die rowers het glo ook die twee se beursies gebuit.

Die voorval was Dinsdag in die vroeë oggendure toe vyf gewapende mans met klapmusse om 04:00 op die Caltex-vulstasie op die pad na Bloemfontein toegeslaan het.

Hulle het ’n man wat buite die vulstasie was, uit sy Isuzu-bakkie geruk en by die winkel ingedwing. Klante in die Bimbo’s-restaurant en die kiosk is gedwing om op die grond te lê voordat die rowers die ingooi-kluis met plofstof oopgeskiet het.

Met die ontploffing het die winkel se plafon ingeval en van die mense in die winkel is beseer.

Kapt. Malebo Khosana, ’n polisiewoordvoerder, sê die rowers het in ’n wit Volkswagen Polo en in die man se Isuzu-bakkie met ’n onbekende bedrag kontant gevlug. Die bakkie is later op Theunissen gekry.

Khosana sê hulle weet nie wie die beseerde man en vrou is wat die toneel verlaat het nie.

Ooggetuies op die misdaadtoneel het aan die polisie gesê die man en vrou is ná die rooftog vinnig uit die winkel. Hulle het in ’n Toyota Avanza geklim en in die rigting van Bloemfontein gery.

Meer oor:  Theunissen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.