Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Koeël deur boer se nek: ‘ 'n Wonderwerk niks is getref’
Dries van Tonder Foto: Verskaf

Dit is ’n wonderwerk dat die koeël waarmee Dries van Tonder (64) van Dewetsdorp Donderdag in die vroeë oggendure geskiet is, geen are of werwels getref het nie.

Dít is hoe die medici van die Mediclinic Bloemfontein dit beskryf, sê Barbara Steenkamp, hospitaalwoordvoerder.

“Die koeël is in en uit, daar het niks agtergebly nie,” sê Steenkamp.

Van Tonder was van Bloemfontein op pad na sy huis toe ’n ongemerkte voertuig hom glo agtervolg en ligte vir hom geflits het. Hy was op pad terug van Bloemfontein nadat hy iemand wat in ’n ongeluk was, na die hospitaal geneem het. Die voorval was tussen 03:00 en 04:00 – dus terwyl die aandklokreël nog gegeld het.

Lees ook: Opod ondersoek ‘polisie-skietery’ op VS-boer

Danie van Tonder, sektorleier van die distrik se boerevereniging, het vroeër aan Netwerk24 gesê Van Tonder hom gebel om te sê hy word agtervolg en daar word op hom geskiet. Sy bakkie se agterruite is stukkend geskiet.

Van Tonder het later stilgehou omdat die voertuig op hom afgepyl het. Daar is weer op hom geskiet en Van Tonder is raakgeskiet. Hy het toe uitgeklim en teruggeskiet, het Danie gesê.

Volgens Danie is daar ná die voorval verneem ’n ongemerkte polisievoertuig was by die voorval betrokke, maar geen blou ligte of sirenes is gebruik om aan te dui dit is ’n polisievoertuig nie.

Ndileka Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod), het bevestig die vuur van ’n polisiewapen deur ’n beampte Donderdag omstreeks 03:45 naby Dewetsdorp word ondersoek.

Steenkamp sê Van Tonder, wat Maandag 65 jaar oud word, is in ’n stabiele toestand en sal moontlik gou uit die waakeenheid na ’n gewone saal oorgeplaas kan word.

“Hy sit vandag (Vrydag) in sy stoel, hy het geëet en dit gaan regtig goed met hom.”

Meer oor:  Opod  |  Dewetsdorp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.