Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Koeëlreën uit hut tref 2 van bende-eenheid in kop

Die ses lede van die bende-eenheid wat Woensdagoggend in Sweet Home Farm in Samora Machel, Nyanga, geskiet is, is almal met beserings in die hospitaal opgeneem.

Die ses lede, wie se name nog nie bekend gemaak is nie, is Woensdag omstreeks 02:30 geskiet terwyl hulle na verdagtes in ’n moordsaak op soek was.

Netwerk24 het vertroulik verneem dat twee van die lede in ’n ernstige toestand in die Melomed-hospitaal in Gatesville opgeneem is. Een is in die kop geskiet en die ander een aan die linkerkant van sy gesig en in sy rug. 

 Sweet Home Farm
Sweet Home Farm op die Kaapse Vlakte. Foto: Argief

Die ander vier is in die Melomed in Mitchells Plain opgeneem. Die een konstabel is in sy linkervoet en maag geskiet, een is in albei bene geskiet, die derde een is in sy linkerheup geskiet en 'n vierde konstabel het sy knie in die skietery beseer.

Die lede van die bende-eenheid het glo na ’n huis gegaan waar hulle na verdagtes gesoek het. Hulle het die huis genader en hulself as polisielede geïdentifiseer waarna iemand in die huis op hulle begin skiet het. Die polisie het onmiddellik teruggeskiet.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê hulle sal nie die name van die lede bekend maak nie, maar het wel bevestig dat die polisielede in die twee onderskeie Melomed-hospitale opgeneem is.

Potelwa het Woensdagoggend in ’n verklaring gesê dat die skote vanuit een van die plakkershutte geskiet is en dat die polisie reeds ’n reuse-soektog van stapel gestuur het.

Uniformlede van die bende-eenheid tydens die bekendstelling op 2 November 2018. Foto: Jaco Marais
Netwerk24 Foto: Jaco Marais

“Die gebied is nie baie toeganklik nie omdat die hutte baie naby aan mekaar gebou is. Dit beteken dat baie gevaarlike misdadigers daar kan wegkruip.”

Sy sê Bheki Cele, polisieminister, sal die lede deur die loop van die dag in die hospitaal besoek.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede jaar in November lede van die bende-eenheid met groot fanfare bekend gestel.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy skok daaroor uitgespreek dat ses lede van die bende-eenheid “aangeval en beseer is terwyl hulle aan diens was”.

Hy het hom sterk teen die “naamlose individue” uitgespreek wat daarop uit is om omstandighede te skep waar “hul misdadigheid en moorddadige aktiwiteite die norm van die dag word”.

“Ons sal nie toelaat dat dit gebeur nie," sê hy.

Meer oor:  Nyanga  |  Sweet Home Farm  |  Samora Machel  |  Bende-Eenheid  |  Hinderlaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.