Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Koeëls vlieg verby wag, maar niks tref hom

’n Veiligheidswag het Maandagoggend in Kempton Park ’n koeëlreën ontkom, maar sy kollega was minder gelukkig.

So lyk die voertuig waarin ’n veiligheidswag ’n koeëlreën ontkom het. Foto: Netcare911

Volgens Shawn Herbst, 911-woordvoerder, het die wagte omstreeks 10:15 ’n gekaapte vragmotor agterna gesit.

In Directorweg in Kempton Park aan die Oos-Rand is daar vanuit die vragmotor na die een wag se voertuig geskiet. “Die wag se voertuig is verskeie kere getref, maar die wag self is wonderbaarlik nie ook getref nie. Die voertuig het so erg deurgeloop dat dit nie verder kon ry nie.”

Een van die ander wagte kon volgens Herbst egter daarin slaag om die vragmotor te blokkeer met die voertuig waarin hy gery het. “Die vermeende kapers het uit die vragmotor gespring en op sy voertuig begin skiet. Hy is in die onderlyf getref.”

Volgens Herbst is die man ernstig beseer en met ’n helikopter na ’n Johannesburgse hospitaal vervoer.

Dit is nie duidelik hoekom die private veiligheidswagte die gekaapte vragmotor agterna gesit het en of hulle moontlik vir die vragmotor se regmatige eienaar werk nie.

Sers. Dipuo Ditshego, polisiewoordvoerder in Kempton Park, het die voorval bevestig. “Die polisie ondersoek ’n saak van motorkaping. Een verdagte is reeds vir ondervraging ingeneem.”

Ditshego het ’n beroep gedoen op enigiemand met inligting om 0860 010 111 te skakel.

Die wag is nie getref nie, ten spyte daarvan dat sy voertuig onder ’n koeëlreën deurgeloop het. Foto: Netcare911

Meer oor:  Shawn Herbst  |  Kempton Park  |  Koeëls
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.