Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kokaïen in skiboot: Valke soek nog ’n verdagte
Die Valke is op soek na Ahmad Isa.

Die Valke se narkotika-eenheid (Saneb) is op soek na ’n 41-jarige man weens sy beweerde betrokkenheid by ’n dwelmsindikaat in Suid-Afrika wat groot hoeveelhede kokaïen stoor en uitvoer.

Ahmad Isa (41) was vermoedelik betrokke by die voorval waarin sowat R400 miljoen se kokaïen in ’n skiboot ontdek is.

Niel Pieter van Zyl (39) is op 2 Junie op die N1-hoofweg in Pretoria vasgetrek waar hy na bewering die skiboot met sy bakkie gesleep het, en het op 4 Junie die eerste keer in die hof verskyn.

Die Valke sê in ’n verklaring ’n lasbrief is op 9 Junie vir Isa se inhegtenisneming uitgereik. Interpol het ook ’n rooi kennisgewing vir sy arrestasie in Antwerpen, België, uitgereik.

Hy staan ook as “Pardilov Ariel” en “Micky Paki” bekend en is laas in Kampsbaai, Kaapstad, gesien.

’n Skets van Ahmad Isa, wat deur die Valke gesoek word.

“Hy is moontlik gewapen en word as gevaarlik beskou. Hy het op 12 Junie ’n wettige inhegtenisneming by sy huis in Kaapstad vrygespring toe drie van sy medepligtiges vasgestrek is,” lui die verklaring.

Rafiek Baderoen (44), Rashied Baderoen (48) en Michael Norman (38) is toe in hegtenis geneem. Hulle is onder swaar polisiebewaking na Gauteng gebring en verskyn Maandag weer saam met Van Zyl in die landdroshof in Pretoria.

Mense met inligting oor waar Isa hom bevind, kan dit by 082 778 2815 of 082 778 2818 aanmeld.

Meer oor:  N1  |  Pretoria  |  Kokaïen  |  Skiboot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.