Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kolonel van Valke doodgeskiet by haar huis in Table View

’n Lid van die Valke in die Wes-Kaap, kol. Christelle Stemmet, is Sondagaand in haar huis in die Table View-omgewing in Kaapstad doodgeskiet.

Sy is volgens bronne twee keer raakgeskiet en is op die toneel dood.

Lt.kol. Philani Nkwalashe, Valke-woordvoerder in die Wes-Kaap, het haar dood Sondagaand aan Netwerk24 bevestig. 

Hy het by navraag gesê bevelvoerders van die Valke was op pad na die toneel. 

Die voorval het omstreeks 20:00 plaasgevind.

’n Bron wat Sondagaand op die toneel was, het gesê daar is twee patroondoppies op die toneel gevind, maar die vuurwapen waarmee Stemmet geskiet is, is nie dadelik gevind nie.

Die bron het ook gesê haar vriend het die polisie ontbied.

Hy was glo in ’n ambulans toe die polisie op die toneel aangekom het. 

Nog geen verdere inligting oor die presiese omstandighede van Stemmet se dood is amptelik bekend gemaak nie.

Kol. Christelle Stemmet

Meer oor:  Christelle Stemmet  |  Kaapstad  |  Table View  |  Skietdood  |  Misdaad  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.