SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Komitee bly oor weermag langer op Kaapse Vlakte sal wees

Parlementslede het die verlenging van weermaglede se ontplooiing op die Kaapse Vlakte, om veral bende- en dwelmgeweld saam met die polisie te help bestry, amptelik verwelkom.

Dít toe pres. Cyril Ramaphosa se brief van 13 September, wat hy aan Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, daaroor gestuur het, amptelik Donderdag voor die parlement se gesamentlike staande komitee oor verdediging ter tafel gelê is.

Mamagase Nchabeleng, medevoorsitter van die gesamentlike komitee, het tydens die besprekinge daaroor aan LP’s gesê dat hulle ingevolge wetgewing kennis moet neem van Ramaphosa se brief en die verlenging van die tydperk.

“Die gesamentlike komitee oor verdediging het die president se brief oorweeg oor die verlenging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se ontplooiing om in samewerking met die polisie misdaad te voorkom en te bestry, sowel as vir die handhawing en behoud van wet en orde in die Wes-Kaap.”

Volgens Nchabaleng verwelkom die komitee die verlenging, wat tot 31 Maart 2020 sal duur. 

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Bendegeweld  |  Misdaad  |  Weermag-Ontplooiing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.