Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kommer oor gesteelde polisiewapens by Baragwanath
Die gesteelde polisievuurwapens, asook ander ‘operasionele artikels’, wat Sondag in die Chris Hani Baragwanath- akademiese hospitaal in Soweto gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie het ’n dringende ondersoek begin nadat drie gesteelde polisievuurwapens Sondag by die Chris Hani Baragwanath- akademiese hospitaal in Soweto gevind is.

Volgens ’n verklaring van die Gautengse gesondheidsdepartement het sekuriteitswagte van die hospitaal gedurende ’n roetine-patrollie op die wapens in ’n ongebruikte spreekkamer, wat tans opgeknap word, afgekom.

“Die beamptes het afgekom om drie 9 mm-pistole en 47 patrone,” lui die verklaring.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die wapens gesteelde dienswapens is.

“Die wapens is in Maart en April vanjaar as gesteel aangemeld. Een van die wapens is by die Johannesburg-Sentraal-polisiekantoor gesteel en die ander twee wapens is in April vanjaar gedurende ’n inbraak by die Hillbrow-polisiekantoor gesteel,” sê Peters.

Sy sê daar is ook Sondagmiddag beslag gelê op ’n polisie-uniform en “ander operasionele artikels” by die hospitaal.

Volgens die provinsiale gesondheidsdepartement sluit die ander artikels pepersproei, handboeie, ’n polisie-glimbaadjie en ’n polisiehoed in.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiekommissaris, het die ondersoekspan opdrag gegee om die saak as ’n topprioriteit te beskou.

“Indien hierdie wapens nie gevind is nie, sou dit in misdade gebruik word om mense te vermoor of om hulle seer te maak,” sê hy in ’n verklaring.

Mawela het ook ’n beroep gedoen op polisielede om ander gesteelde polisiewapens op te spoor en van die straat af te kry.

Indien hierdie wapens nie gevind is nie, sou dit in misdade gebruik word om mense te vermoor of om hulle seer te maak.

Peters het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Intussen het Jacob Mamabolo, waarnemende LUR vir gesondheid in Gauteng, gesê “dit is ’n groot bekommernis dat wapens gevind is in ’n plek wat na mense se gesondheid moet omsien”.

“Ons doen ’n beroep op die polisie om hierdie saak spoedig op te los en om vas te stel of hierdie wapens in misdade gebruik is. Indien wel, moet die polisie so gou as moontlik die skuldiges vastrek,” sê Mamabolo in ’n verklaring.

Die VF Plus het ook in ’n verklaring sy kommer uitgespreek. “Dit is onrusbarend dat wapens in ’n hospitaal gevind is waar daar na die gesondheid en versorging van pasiënte omgesien moet word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.