Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kommer oor toename in aanvalle op wagte

Groot kommer bestaan oor die toename in aanvalle op veiligheidswagte in die laaste tyd.

“Hulle is ’n maklike teiken vir misdadigers wat nie sal huiwer om hulle te wond of selfs dood te skiet nie,” sê Jones Maphalaphathwa, president van die vereniging van private sekerheidseienaars van Suid-Afrika (Tapsosa).

Hy het gereageer nadat twee mans Maandag deur die polisie vir ondervraging ingeneem is nadat ’n veiligheidswag gedurende ’n rooftog by ’n vulstasie in Brixton, Johannesburg, in die been gewond is. Beeldmateriaal van die voorval is op sosiale media versprei waarin gesien kan word hoe drie gewapende rowers die veiligheidswag, wat die windskerm van sy voertuig by die vulstasie skoonmaak, oorrompel en in die been skiet. Hulle gryp dan kontant, die voertuigsleutels en ’n selfoon by hom voordat hulle wegjaag. Die wag is na ’n plaaslike hospitaal gebring vir mediese sorg.

Veiligheidswagte behoort dieselfde status te kry as polisiebeamptes in ’n land waar misdaad daagliks toeneem.

“Twee mans is later in Denver aangekeer en ingeneem vir ondervraging,” sê kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder.

“Die vulstasie is Maandag omstreeks 08:00 deur vyf mans beroof. Die veiligheidswag is gewond ná die rooftog. Niemand anders is in die voorval beseer nie,” sê Masondo.

“Veiligheidswagte behoort dieselfde status te kry as polisiebeamptes in ’n land waar misdaad daagliks toeneem. Wanneer veiligheidswagte gewond of vermoor word, kan die polisie dieselfde aksieplan aktiveer om misdadigers op te spoor en in hegtenis te neem as wanneer ’n polisielid aangeval word, sê Maphalaphathwa.

Volgens hom is 15 veiligheidswagte sedert Januarie in die uitvoering van hul pligte vermoor.

“Die regering moet dringend na wetgewing kyk wat veiligheidswagte beskerm,” sê Maphalaphathwa.

Meer oor:  Veiligheidswagte  |  Aanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.