Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kommer oor toename in transito-rooftogte

Lt.genl. Elias Mawela, polisiekommissaris van Gauteng, het Woensdag vergader met lede van die transitobedryf oor die stygende getal rooftogte in die provinsie en om samewerking tussen die twee groeperings te versterk.

Dit volg nadat nóg ’n geldwa Woensdag omstreeks 17:30 op die N12 na Krugersdorp deur transitorowers opgeblaas is.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê hulle soek na ’n groep mans wat in ’n swart Range Rover en ’n wit Nissan X-trail weggekom het en vra mense om na vore te kom met inligting wat die polisie kan help.

Daar is ooreenkomste met ’n transitorooftog Dinsdag in Pretoria waar ’n Mercedes-Benz in die geldwa vasgejaag het om dit tot stilstand te dwing.

In Woensdag se rooftog is dieselfde taktiek gevolg en het ’n Mercedes-Benz die geldwa gestamp. Albei voertuie het aan die brand geslaan.

“Kommerwekkende toename in transitorooftogte”

Mawela sê in ’n verklaring daar is ’n kommerwekkende toename in Gauteng teenoor verlede jaar.

Hy sê dringende ingryping is nodig en het verwante risikofaktore en -tekorte geïdentifiseer wat daartoe gelei het dat Fidelity en G4S die swaarste getref word.

Alle belanghebbendes het hul verbintenis bevestig om saam met die polisie te werk om transitorooftogte uit te roei.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Polisie  |  Transito-Rooftog  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.