Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kommissaris ná polisieman se skietdood: Ons gaan voort
Genl. Khehla Sitole Foto: Melinda Stuurman/Die Son

Die nasionale polisiekommissaris het die skietvoorval Sondagoggend vroeg in Delft, Kaapstad, waarin een polisiebeampte dood en twee gewond is, veroordeel.

Genl. Khehla Sitole het gesê die gesamentlike optrede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om dele van die Kaapstad-metropool te beveilig sal egter voortgaan.

“Niks sal ons keer om te verseker dat onskuldige mense veilig voel nie,” het Sitole gesê.

Die polisiekonstabel is Sondag noodlottig gewond toe hy op patrolliediens in Delft was. Twee van sy kollegas is ook raakgeskiet toe ’n 24-jarige man op hulle losgebrand het.

Die oorledene, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, was 32 jaar oud. Hy is op slag dood toe hy in die kop geskiet is.

Die gewonde polisiebeamptes is onderskeidelik in die hand en bokant die oog getref.

Kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die verdagte het van die toneel af gevlug. Hy het op ’n tweede groep polisiebeamptes geskiet nadat hulle hom opgespoor het, en is in die oor-en-weer-skietery gewond.

Die verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal. Daar is op ’n vuurwapen beslag gelê.

Van Wyk sê die polisiebeamptes ontvang traumaberading. Intussen het die polisie hul teenwoordigheid in die omgewing verskerp.

Meer oor:  Khehla Sitole  |  Delft  |  Polisieman Dood In Delft  |  Skietdood  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.