Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kondoomhouer red Henri se bas

Henri van Breda se familie “se harte bloei vir die kind” nadat hy Donderdag deur medegevangenes in die Pollsmoor-gevangenis buite Kaapstad aangeval is. Aanvanklike berigte wou dit hê dat die 23-jarige jong man, wat pas aan die moord op sy ouers en ouer broer skuldig bevind is, in die tronk selfdood probeer pleeg het. Sy familie sê egter die berigte in die Kaapse poniekoerant Die Son is snert.

Henri van Breda Foto: edrea du Toit

Van Breda is ná sy skuldigbevinding voorverlede Maandag na die hospitaalafdeling van die Pollsmoor-gevangenis geneem. Hy was van die besoekersarea op pad terug na die hospitaalafdeling toe hy aangeval is.

Sy oom André van Breda het gister aan Rapport gesê die familie se hart bloei vir die kind.

“Wat kan ons sê, dis nie ’n goeie omgewing vir enigeen nie.’n Mens sou dink jy is veilig in ’n tronk, maar ons moet maar aanvaar dat daar altyd insidente sal wees.”

Volgens bronne in die korrektiewe dienste was Van Breda op pad na die hospitaalafdeling nadat hy besoek is deur sy meisie, Danielle Janse van Rensburg, en André du Toit, sy oom aan moederskant. Hy was sonder begeleiding toe hy onverwags aangeval is deur vyf gevangenes wat blykbaar agter die sakkie kos aan was wat hy in besoektyd gekry het. Een aanvaller het Van Breda aan die keel beetgekry, terwyl nog een hom op sy voet getrap het.

’n Medegevangene het tot sy redding gekom deur ’n metaalhouer waarin kondome is van die muur te ruk en dit as ’n skild teen die aanvallers te gebruik. Dit het Van Breda genoeg tyd gegee om te ontsnap en hulp te soek. Kantoorpersoneel het toe die bewaarders ontbied.

Van Breda het kneusings en krapmerke opgedoen. Sy prokureur, Lorinda van Niekerk, het gister aan Rapport gesê sy aanvallers het presies geweet wie hy is en hom geteiken.

Van Breda verskyn Dinsdag in die hof vir vonnisoplegging. Hy word deur lewenslange tronkstraf in die gesig gestaar.

Meer oor:  Henri Van Breda  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.