Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kongolees vas oor hy glo onwettig as dokter praktiseer

’n Man wat onwettig as ’n dokter in Adelaide in die Oos-Kaap gepraktiseer het, sal aanstaande week om borgtog aansoek doen.

Wetstoepassers het Ilunga Mwenze (34) Dinsdag in samewerking met die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe (HPCSA) in hegtenis geneem.

Mwenze, wat volgens die HPCSA van die Kongo is, het na bewering in ’n kantoor in Bon Accord-straat op die dorp gepraktiseer terwyl hy glo nie by die raad geregistreer is nie.

Luidens die HPCSA se verklaring is Mwenze in ’n roetine-ondersoek vasgetrek.

Hul ondersoek dui daarop dat ’n geregistreede dokter, wat heeltyds in die Addington-hospitaal in Durban werk, Mwenze in Januarie 2019 aangestel het.

Hul ondersoek dui daarop dat ’n geregistreede dokter, wat heeltyds in die Addington-hospitaal in Durban werk, Mwenze in Januarie 2019 aangestel het.

Kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê Mwenze het reeds Woensdagmiddag in Adelaide se landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel en hy bly in aanhouding.

Hy sal na verwagting binne die volgende sewe dae om borgtog aansoek doen, maar het volgens inligting nie ’n paspoort in sy besit nie.

Die HPCSA het die publiek ná sy inhegtenisneming gemaan om slegs geloofwaardige medici in hul gebied te besoek.

In die geval van nuwe dokters wat by ’n gemeenskap intrek, meen die HPCSA, is dit raadsaam om eers hul status by die raad te bevestig voordat enige afsprake gemaak word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.