Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel dood ná skietery, 2 vriende gewond

’n Polisiekonstabel van Philippi-Oos is dood en sy twee vriende gewond toe ’n man Woensdag in Samora Machel op hulle losgebrand het.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting het konst. Khanyisa Ernest Stofile (29) en sy vriende in ’n voertuig in Oliver Tambo-weg gesit toe ’n onbekende man nader gestap en op hulle geskiet het.

“Al drie is gewond en Stofile (29) is in die Lentegeur-hospitaal aan sy wonde dood,” sê Potelwa.

Konst. Khanyisa Ernest Stofile (29) is dood nadat hy in Samora Machel geskiet is. Foto: Verskaf

Die polisie sê Stofile was verbonde aan die Philippi-Oos-polisiekantoor en het drie en ’n half jaar daar gewerk.

Sy kollegas bestempel sy dood as ’n tragiese verlies van ’n toegewyde polisielid.

Bongani Maqungwana, woordvoerder van die Samora Machel-gemeenskapspolisiëringsforum, sê die gemeenskap is geskok want dit is die eerste skietvoorval daar in die afgelope paar weke.

“Ons het net daarin geslaag om hierdie voorvalle te verminder en nou gebeur dít.”

Konst. Khanyisa Ernest Stofile (29). Foto: Verskaf

Volgens Maqungwana was Stofile vermoedelik die teiken aangesien hy in die bors geskiet is.

“Die motief was waarskynlik nie diefstal nie want sy dienspistool en beursie was nog in die voertuig.”

Maqungwana sê Stofile was oorspronklik van Samora Machel, maar het na Khayelitsha verhuis nadat die polisie hom in diens geneem het.

Die Valke het die ondersoek oorgeneem.

Meer oor:  Kaapstad  |  Polisie  |  Skiet  |  Vuurwapens  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.