Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel doodgeskiet en 2 kollegas gewond in Delft

’n Polisiekonstabel is vroeg Sondagoggend op patrolliediens in Delft in Kaapstad doodgeskiet en twee kollegas is gewond toe ’n man wild op hulle geskiet het.

Die oorledene, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, was 32 jaar oud.

Die twee gewonde polisiebeamptes is onderskeidelik in die hand en gesig getref.

Kapt. F.C. van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die 24-jarige verdagte het van die toneel af gevlug. Hy het ook op ’n tweede groep polisiebeamptes geskiet nadat hulle hom opgespoor het.

Die verdagte, wat in die oor-en-weer-skietery gewond is, is tans onder polisiebewaking in ’n hospitaal. Daar is op ’n vuurwapen beslag gelê.

Van Wyk sê die polisiebeamptes ontvang traumaberading. Intussen het die polisie sy teenwoordigheid in die omgewing opgeskerp.

Meer oor:  Delft  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.