Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel doodgeskiet wat reageer op klag

’n Polisiekonstabel – en pa van drie jong kindertjies – is Donderdagaand vermoor toe hy in Sandton gereageer het op ’n klag van gesinsgeweld.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê konst. Percy Ramalepe (33) en ’n kollega, albei van die Sandton-polisiekantoor, het net ná 22:00 by ’n woning in die Paulshof-buurt opgedaag in reaksie op die noodroep.

“Met hul aankoms by die klaer se adres het hulle ’n man van ongeveer 60 jaar in die oprit gesien, wat agter ’n geslote veiligheidshek gestaan het.

“Die man het relatief kalm voorgekom en die twee lede het hom gevra om die hek oop te maak. Hy het die huis ingegaan en die hek (van daar af) vir hulle oopgemaak.

“Die verdagte het toe in die huis gebly,” sê Naidoo.

Ramalepe en sy kollega het met die oprit na die huis gestap. Die konstabel het die klaer, wat ook die verdagte se vrou is, buite gevind en haar daar begin ondervra.

Die volgende oomblik het die man vir Ramalepe met ’n haelgeweer geskiet. Die konstabel is op slag dood.

Sy kollega het die vrou gegryp en skuiling buite die erf gesoek, terwyl hy hulp ontbied het.

Terwyl hulle geskuil het, is ’n tweede skoot gehoor. Die kollega het ná ’n rukkie die perseel weer binnegegaan om ondersoek in te stel.

“Hy het konst. Ramalepe se lyk op die grond gevind en die verdagte s’n, wat homself vermoedelik geskiet het, in die huis met die oorlede konstabel se pistool by hom. Albei mans is op die toneel dood verklaar,” sê Naidoo.

Dit blyk dat die verdagte, nadat hy vir Ramalepe geskiet het, die konstabel se dienspistool gevat het en homself toe in die huis doodgeskiet het.

Ramalepe, wat in Soweto bly, se vrou, twee dogters van onderskeidelik een en vyf jaar oud, en sy tienjarige seun moes daarna van sy dood ingelig word.

Naidoo het bygevoeg dat die nasionale polisiekommissaris, genl. Kehla Sitole, ook sy meegevoel met die konstabel se familie uitspreek.

Sitole het gesê hy is diep bedroef deur die dood van ’n jong polisielid, veral in ’n tyd wat die land gebuk gaan onder die Covid-19-pandemie.

“Ek het opdrag gegee dat die nodige ondersteuning aan konst. Ramalepe se familie en kollegas gegee word.

“Ek doen ’n beroep op alle landsburgers wat slagoffers van geslagsgeweld is, of so iemand ken, om die regering se noodlyn hiervoor, wat 24/7 oop is, by 0800 428 428 te skakel,” sê Sitole.

* Die berig is bygewerk nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Polisiekantoor  |  Brig. Vishnu Naidoo  |  Sandton  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.