Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel geskiet toe hy roof ondersoek

’n Polisiekonstabel is vroeg Donderdagoggend deur rowers geskiet wat geld uit kitsbanke by ’n vulstasie in Katlehong-Noord wou buit.

Luidens ’n verklaring van die polisie het ’n groep van sowat vyf gewapende rowers omstreeks 01:00 by ’n vulstasie in Katlehong-Noord in Gauteng opgedaag en die deure oopgedwing.

“Hulle het probeer om ’n kluis oop te breek, maar het nie daarin geslaag nie. Hulle het toe kitsbanke verwoes en ’n onbekende hoeveelheid kontant gesteel,” lui die verklaring.

“Toe die polisielede daar aankom, het die verdagtes skote op hulle gevuur. ’n Konstabel is in die bolyf gewond en hospitaal toe geneem.”

Meer as 80 geweerpatrone is op die toneel gevind.

Die verdagtes het in ’n silwer Audi Q7 gery.

Meer oor:  Roof  |  Kitsbanke  |  Geskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.