Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel gewond toe polisie bankroof onderbreek

’n Polisiekonstabel is Vrydag in ’n skietgeveg met ’n groep gewapende mans buite ’n bank in Ogies in Mpumalanga gewond.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê die polisie was omstreeks 04:00 met patrolliewerk besig toe hulle inligting ontvang het oor ’n groep mense wat verdag opgetree het by ’n bank in die dorp.

“Toe die konstabel en sy kollega daar aankom, het hulle drie voertuie naby die bank gesien. Skielik het ’n groep gewapende mans op hulle afgestorm en begin skiet.”

Die twee polisiebeamptes het teruggeskiet en hulp ingeroep. Terwyl hulle skuiling teen die koeëls gesoek het, is die konstabel gewond en het die aanvallers gevlug.

Terwyl die gewonde konstabel na ’n hospitaal gehaas is, het ander beamptes verder ondersoek ingestel.

“Dit blyk dat die rowers reeds toegang tot die bank verkry en ’n kluis opgeblaas het. Maar hulle is onderbreek toe die konstabel en sy kollega op hulle afgekom het.”

Die polisie het plofstof op die toneel gekry en afgekom op ’n man wat glo geld by die bank wou onttrek maar toe deur die rowers in sy motor toegesluit is. Die rowers het met die sleutels weggekom.

Meer oor:  Rowers  |  Skietvoorval  |  Konstabel  |  Gewond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.