Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel in hof ná hy glo broers doodskiet

’n Polisieman verskyn Dinsdag in die hof in Empangeni in KwaZulu-Natal nadat hy glo Saterdag twee broers van onderskeidelik 24 en 32 jaar oud in Richardsbaai doodgeskiet het toe hy van diens af was.

Sontaga Seisa, ’n woordvoerder van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod), sê die voorval het Saterdag omstreeks 09:00 in Nseleni gebeur.

Na bewering het die konstabel ’n rusie gehad met die een broer (24) oor ’n geraas wat blykbaar in die nag uit sy huis weerklink het.

Luidens ’n verklaring het die broer die konstabel aangerand. Die partye is toe eers uitmekaar. Later is die konstabel na die satelliet-polisiestasie in Nseleni om ’n saak van aanranding aanhangig te maak. Op pad na die polisiestasie het hy die broers teëgekom. Daar het weer ’n rusie tussen die broers en die konstabel ontstaan. Die konstabel het toe skote afgevuur en die broers is doodgeskiet.

Opod het die toneel besoek en ’n ondersoek gedoen wat daartoe gelei het dat die konstabel op twee aanklagte van moord in hegtenis geneem is. Die konstabel verskyn Dinsdag in die landdroshof in Empangeni.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.