Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel in polisiekantoor in hegtenis geneem

’n Polisieman van die Kleinvlei-polisiekantoor in Kaapstad is Donderdagaand vir ’n moord wat in September 2017 gepleeg is, in hegtenis geneem.

Die 23-jarige konstabel is by sy werkplek deur speurders verbonde aan die Wes-Kaapse polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad in hegtenis geneem.

Dit volg op ’n ondersoek van sewe maande nadat ’n 17-jarige jeugdige die aand van 10 September 2017 doodgeskiet is.

Die konstabel sal Maandag op aanklag van moord in die landdroshof in Blue Downs verskyn.

Hy word by die Bellville-Suid-polisiekantoor aangehou.

’n Provinsiale polisiewoordvoerder, kapt. Frederick van Wyk, het gewaarsku dat polisiebeamptes wat hulle aan misdrywe skuldig maak, die volle mag van die gereg sal voel. “Hulle sal ook aan interne tugstappe onderwerp word,” het Van Wyk gesê.

Meer oor:  Kaapstad  |  In Hegtenis  |  Moord  |  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.