SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel van PE kritiek ná hy in kop geskiet is

’n Lid van die Port Elizabeth-polisie se teen-bende-eenheid veg tans vir sy lewe in die waakeenheid van ’n plaaslike hospitaal nadat ’n vermeende bendelid hom glo Donderdagaand in die kop geskiet het.

Na verneem word, was sy toestand Vrydagoggend kritiek.

Kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, het nie onmiddellik op navrae gereageer nie.

Volgens ’n betroubare bron is die 33-jarige konstabel omstreeks 21:45 in die bendegeteisterde Gelvandale gewond.

Die skietery het gebeur toe twee polisievoertuie op patrollie ’n silwer Volkswagen Polo in Kobusweg probeer voorkeer het.

Die motor het weggejaag, maar in Chamoisweg afgedraai en hom uiteindelik in ’n doodloopstraat vasgery.

Volgens die bron het sowat ses mense, van wie twee gewapen was, uit die Polo geklim en op die polisievoertuie losgebrand. Die konstabel is in die kop geskiet nog voordat hy uit die polisievoertuig kon klim.

Die polisie het een van die aanvallers in die skouer geskiet, waarna vier van die mans op die toneel vasgetrek is. Die twee gewapendes het weggekom.

Foto ter illustrasie: Een van die polisie se teen-bende-eenheid se voertuie. Foto: Cara-Lee Dorfling

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Bendegeweld  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.