Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel van PE vas vir dubbelmoord

’n Polisielid van Gqeberha (Port Elizabeth) wat na bewering by ’n dubbelmoord betrokke was, is by sy huis in Arcadia in hegtenis geneem.

Die 28-jarige konstabel, wat deel is van die polisie se honde-eenheid, word glo verbind met die beweerde bendeverwante moorde op Jason Petersen (24) en Zain Peters (23), wat verlede maand in Arcadia doodgeskiet is. Na bewering het die aanvallers op 26 Januarie omstreeks 17:00 ’n huis in Harringtonstraat binnegegaan en op die twee slagoffers losgebrand.

Volgens ’n betroubare bron word beweer die polisiekonstabel het die aanvallers op dié dag vervoer.

Kol. Sibongile Soci, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die provinsiale ondersoekeenheid wat met bendeverwante misdaad bemoeid is, het die konstabel in hegtenis geneem.

’n Polisielid van Gqeberha is een van twee beskuldigdes wat in hegtenis geneem is vir ’n dubbelmoord wat verlede maand by ’n huis in Harringtonstraat, Arcadia gebeur het. Foto: Google Maps

Saam met die polisielid is nóg ’n beskuldigde (28) in verband met die dubbelmoord Woensdag aangekeer, sê Soci.

Na verneem word is die polisie na nog een beskuldigde op soek wat by die skietvoorval betrokke was.

Intussen sê die bron aanklagte van die besit van dwelms en ploftoestelle kan ook bygevoeg word teen die konstabel aangesien dwelms en ploftoestelle in sy huis gevind is.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, polisiekommissaris vir die Oos-Kaap, het in reaksie gesê daar sal geen genade wees vir korrupte polisielede wat skade berokken aan die beeld van die polisie nie.

Die twee beskuldigdes sal binnekort in die hof verskyn.

By navraag of die polisie enige tugstappe teen die betrokke polisiekonstabel sal doen, het Soci gesê, “dit sal voortydig wees om die uitkoms van die interne dissiplinêre proses tussen die werkgewer en die werknemer te voorspel”.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Gqeberha  |  Polisielid  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.