Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel vas oor R5 000 ‘om saak te laat verdwyn’

’n Polisiekonstabel van Noordwes het glo R5 000 se omkoopgeld ontvang om ’n saak teen iemand te laat verdwyn.

Konst. Kgomotso Montsho is Donderdag in die landdroshof in Madikwe, Noordwes, op borgtog van R500 vrygelaat nadat hy Dinsdag in hegtenis geneem is in verband met die voorval.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Montsho het na bewering ’n lid van die publiek gebel en geld gevra in ruil daarvoor dat die saak teen die persoon teruggetrek word.

Die polisie het toegeslaan nadat hulle ’n wenk ontvang en Montsho glo reeds die R5 000 ontvang en by hom gehad het.

Mokgwabone sê die polisie gaan nie besonderhede gee oor wie die inligting verskaf het wat tot Montsho se inhegtenisneming gelei het nie.

Montsho was by die speurtak gestasioneer en sal nou ook aan ’n interne tugproses onderwerp word.

Lt.genl. Sello Kwena, Noordwes se polisiekommissaris, sê korrupsie sal nie in die polisiemag geduld word nie. “Diegene wat nie integriteit het nie en die organisasie se beeld skade berokken deur betrokke te wees by korrupsie, sal tot verantwoording geroep word.”

Meer oor:  Noordwes  |  Konstabel  |  Omkoopgeld  |  Verdwyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.