Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel vas oor wapendiefstal uit polisiestoor

’n Konstabel verbonde aan die Bellville-Suid-polisiekantoor is in hegtenis geneem weens die diefstal in Augustus verlede jaar van vuurwapens by dié polisiekantoor.

Die South African National Civic Organisation het Woensdag gevra dat die konstabel onmiddellik geskors word en dat hy nie op borgtog vrygelaat moet word nie.

Hy het Woensdag in die landdroshof in Bellville op aanklagte van diefstal verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder, sê lede van die Valke se afdeling wat die besit van ongelisensieerde vuurwapens en prioriteitsgeweldsmisdade ondersoek, het in September verlede jaar en in April vanjaar op twee vuurwapens beslag gelê.

Verdere ondersoek deur die Valke het getoon dat dié twee vuurwapens deel is van die 18 vuurwapens wat in Augustus uit die Bellville-Suid-SAP13-stoorkamer gesteel is.

Mulaudzi sê hierdie gesteelde vuurwapens is onder meer deel van ’n besending vuurwapens wat ingehandig is om vernietig te word.

Die konstabel staan tereg op aanklagte van diefstal en korrupsie.

Meer oor:  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.