Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel vir wapendiefstal aangekeer

’n Polisiekonstabel van die Noord-Kaap is op waarskuwing vrygelaat nadat hy vlugtig in die hof op aanklagte van diefstal en regsverydeling verskyn het.

Konst. Kadri Cohen (24) het Dinsdag in die landdroshof in Springbok verskyn nadat hy Maandag aangekeer is vir die diefstal van ’n polisievuurwapen in 2016.

Volgens kapt. Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, is die vuurwapen destyds by die polisiekantoor in Nababeep, Namakwaland, gesteel nadat dit van ’n ander polisiebeampte weggevat is.

“Tussen Augustus en November 2016 het hy (Cohen) na bewering met ’n bende saamgesweer en ’n vuurwapen wat vir veilige bewaring by die polisiekantoor ingehandig is, aan hulle verkoop,” sê Mnisi.

Die saak is in Mei verlede jaar aan die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad oorhandig nadat die ondersoek na die diefstal nie resultate opgelewer het nie, sê sy.

“Daar is vasgestel Cohen het die vuurwapen (na bewering) in 2016 gesteel en vir ’n bendelid van Grabouw gegee. Die bende het die vuurwapen aan ’n ander bende in Kaapstad in ruil vir dwelms gegee.”

Die vuurwapen is nog nie opgespoor nie en die ondersoek duur voort.

Cohen verskyn weer op 3 Mei in die hof.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Springbok  |  Misdaad  |  Konstabel  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.