Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konstabel vas wat verdagte glo help ontsnap

’n Voormalige polisiekonstabel in Noordwes het glo ’n man wat weens 28 sake van moord en verkragting vasgetrek is, help ontsnap.

Volgens lt.kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, verskyn die 38-jarige konstabel van Wolmaransstad Maandag in dié dorp se landdroshof op ’n aanklag dat hy in Augustus ’n verdagte uit wettige aanhouding help ontsnap het.

Die konstabel is intussen tydens ’n tugproses ná die voorval ontslaan. Hy en die ontsnapte is glo vriende.

Myburgh sê Noordwes se georganiseerde misdaadeenheid het die konstabel Vrydag vasgetrek. Die moord- en verkragtingverdagte het op 17 Augustus, dieselfde dag wat hy in hegtenis geneem is, ontsnap. Hy is kort daarna weer vasgetrek. Sy naam word weerhou omdat hy van ’n seksuele misdryf aangekla word en nog nie gepleit het nie.

Die konstabel se naam sal bekend gemaak word sodra hy die eerste keer in die hof verskyn het.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris in Noordwes, het gesê die polisiediens werk hard daaraan om ontslae te raak van korrupte polisiebeamptes.

Meer oor:  Ontsnapping  |  Tronk  |  Polisie  |  Konstabel  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.