Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kontant-depot in Gauteng beroof
Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van Fidelty. Foto: Verskaf

Die polisie se 72-uur-aktiveringsplan is in werking gestel om die rowers op te spoor wat ’n kontant-depot van Fidelity in Pretoria beroof en twee veiligheidswagte beseer het.

Wahl Bartman, uitvoerende hoof van die Fidelity-groep, sê ’n groot groep gewapende rowers het vroeg Saterdagoggend by die depot in Van Riebeeckstraat, ingekom en personeel aangehou.

Hy sê in ’n verklaring hulle het met ’n “beperkte hoeveelheid” kontant weggekom.

“Hulle kon nie by die kluisgebied uitkom nie. Ons gaan tans alle videomateriaal saam met die polisie deur,” sê Bartman.

Volgens die polisie het die rowers Fidelity-uniforms gedra. Bartman én die polisie het ’n beroep gedoen op mense met inligting oor die rooftog om dit te deel deur die Stop Misdaad-nommer, 086 00 10111, te skakel of op die MySAPS-selfoontoepassing in te gaan.

• Die aktiveringsplan van die polisie behels onder meer dat beamptes van verskeie afdelings, insluitend forensiese kundiges, die Valke en misdaadinligting, saamspan om die skuldiges aan te keer.

Meer oor:  Fidelity  |  Rooftog  |  Kontant-Depot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.