Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Kontant verbind Uber-man met rooftog’

’n Bestuurder van Uber is een van vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is ná die skietvoorval verlede week by die Edenvale High School aan die Oos-Rand toe rowers op die skool toegeslaan het.

Die polisie het bevestig die Uber-bestuurder is een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is.

Die toneel Donderdag buite die Edenvale High School ná ’n rooftog. Foto: Deaan Vivier

Kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, sê kontant wat vermoedelik by die skool gesteel is, is in sy besit gevind.

Uber het ook bevestig dat dié bestuurder nie meer toegang tot die Uber-app het nie.

Die verdagtes wat tot dusver in hegtenis geneem is, het Maandag in die landdroshof in Germiston verskyn op aanklagte van sakeroof, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en poging tot moord.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê met die leerlinge wat Maandag terug is skool toe, het die departement gesorg vir beraders by die skool om te help waar dit nodig is.

Die leerlinge is verlede Donderdag huis toe gestuur nadat rowers kort voor 12:00 op die administratiewe kantoor van die skool toegeslaan het.

Die skoolhoof en van sy personeellede is met ’n vuurwapen aangehou. R8 000 is by die skool geroof.

Toe die polisie daar aankom, het ’n skietery begin. Twee rowers is doodgeskiet en nog ’n verdagte is gewond.

Die res van die verdagtes het gevlug.

’n Vierde man is daarna aangekeer toe die polisie in ’n straat naby die skool op een van die wegkomvoertuie afkom.

Dit het Vrydagoggend aan die lig gekom dat nog vyf rowers weggekom het toe hulle glo ’n Uber-voertuig buite die skool gekaap het.

Meer oor:  Oos-Rand  |  Edenvale High School  |  Skool  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.