Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Konynboer op sy nuwe plaas doodgeskiet; niks gesteel

’n Jong boer van KwaZulu-Natal is op sy droomplaas doodgeskiet sonder dat sy aanvallers iets geroof het.

Sibonelo Mbanjwa (35) het volgens ’n vriend, wat anoniem wil bly, verlede jaar die plaas by Ndwedwe naby Tongaat in die noorde van KwaZulu-Natal gekoop.

“Hy het ’n ruk lank met konyne geboer en sy boerdery het uitgebrei, so hy het meer plek nodig gehad. Dit was sy droom om te kan boer.”

Sibonelo Mbanjwa (35) op die plaas wat hy verlede jaar gekoop het. Foto: Verskaf

Hy het die grond by die tradisionele owerhede gekoop en verlede jaar in Julie op die plaas gaan bly.

Die vriend sê Mbanjwa was nie iemand wat hom met vreemde transaksies of misdadigers sou ophou nie.

“Hy het ’n skoon karakter gehad en het nie vyande gemaak nie,” sê die vriend.

Hy het ook net een werker gehad; dis nie asof dit oor ’n arbeidsdispuut kon gaan nie.

Mbanjwa is op Dinsdag 2 Maart in die vroeë oggendure in sy huis doodgeskiet.

Hy het ’n skoon karakter gehad en het nie vyande gemaak nie.

Die werker, ’n jong seun, het omstreeks 06:30 by sy huis opgedaag om die konyne te help versorg.

Sibonelo Mbanjwa (35) Foto: Facebook

Hy het op Mbanjwa se lyk afgekom.

Bure van Mbanjwa het aan sy familie gesê hulle het in die oggendure geweerskote gehoor.

“Sy beursie, selfoon, skootrekenaar en geld is net so in die huis gevind, dis ’n raaisel vir ons,” sê die vriend.

Hy het ’n duur skootrekenaar besit wat hy gebruik het om sy beroep as grafiese ontwerper te beoefen.

Mbanjwa se vrou en vierjarige dogter woon in Durban.

Hy is Sondag begrawe.

Die polisie in KwaZulu-Natal het nog nie ’n mediaverklaring uitgereik nie.

Meer oor:  Tongaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.