Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Koperkabels in erf gevind, eienaar is soek

65 meter koperkabels is Saterdag by ’n huis in Lombardy in Johannesburg gevind.

Die polisie soek nou die eienaar van dié huis.

Luidens ’n verklaring van City Power het ’n wenk van die publiek tot die ontdekking gelei.

Bondels nuwe en gebruikte koperdrade is in die erf gevind.

Van die koperkabels wat in ’n erf in Johannesburg gevind is. Foto: Verskaf

Isaac Mangena, City Power-woordvoerder, sê die polisie en beamptes van City Power kon tot dusver vasstel die huis word aan studente verhuur.

Die beamptes en polisie is reeds Vrydagaand na die erf, maar kon nie toegang tot die perseel kry nie omdat die hek gesluit was.

Hulle kon wel die kabels in die oprit van die huis sowel as in die motorhuis sien.

Saterdagoggend is daar toe beslag gelê op 50 meter ondergrondse koperkabels sowel as 15 meter koperkabels wat gewoonlik langs kragpale tot op die grond aangelê word.

Die eienaar van die huis waar die koperkabels gekonfiskeer is, is steeds soek. Foto: Verskaf

Die identiteit van die huiseienaar is nog soek.

Die woonbuurt gaan die laaste paar dae gebuk onder gereelde kragonderbrekings wat aan kabeldiefstal toegeskryf word.

Dit is egter nog nie duidelik presies waar die kabels gesteel is nie. City Power stel tans ondersoek in.

Vandalisme en diefstal van die stad se elektriese infrastruktuur kos die metro etlike miljoene rande in verbeurde inkomste.

Meer oor:  City Power  |  Lombardy  |  Johannesburg  |  Polisie  |  Soek  |  Koperkabels  |  Eienaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.