Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Kopers’ oorval oues, steel huis leeg

Terwyl ’n 74-jarige man van Standerton nog van ’n bloedklont in sy brein herstel het, het “voornemende kopers” hom en sy vrou erg aangerand en hul gastehuis leeggedra.

“Ek kan nie meer die skokke absorbeer nie,” sê Ria Vermaak (71). Haar man, Chris, het twee Sondae gelede in die kerk siek geword. Dit het geblyk daar is ’n bloedklont deur sy brein.

Verlede Vrydag, drie dae nadat hy uit die hospitaal ontslaan is, het twee vroue kom kyk na die egpaar se gastehuis, Cara-Mia, wat op die mark is. Die volgende dag het hulle saam met drie mans teruggekeer – een glo ’n prokureur, een ’n finansiële adviseur en ’n “oom” wat as ’n “pa-figuur” instaan.

Ria sê die een man was sowat 45 jaar oud en die ander in hul dertigs. Die “oom” het opgestaan om die antieke meubels van nader te bekyk en die volgende oomblik het die mans die egpaar oorval.

“Elke sent in die huis is gevat, kruideniersware en skoonmaakmiddels"

“Een man het my op die vloer vasgepen en ’n ander een het my man oorrompel.

“Ek en my man was albei op die grond. My man het nog probeer terugbaklei. Hulle het hom geskop en geslaan,” sê Ria. Die man wat haar gegryp het, het sy hand in haar mond gedruk. “Ek het gedog hy gaan my versmoor.”

Die mans het die Vermaaks vasgebind en gemuilband, terwyl die vroue items in die huis begin inpak het. ’n Ring, pols­kettinkie en ’n hangertjie om Ria se nek is afgehaal, terwyl hulle ook juwele in ’n laai opgespoor en ingepak het.

Ria sê die bende was sowat twee en ’n half uur by die huis. Hulle het die voordeur gesluit en die sleutel gevat.

Juwele van R33 000, R16 000 se kruideniersware en die egpaar se selfone is gesteel. “Elke sent in die huis is gevat, kruideniersware en skoonmaakmiddels,” sê Ria.

“Dit is soveel goed dat dit nie in een kar sou pas nie. Nadat ons ’n paar minute gewag het, het my man, met sy voete steeds vasgebind, kombuis toe gespring en ’n mes gekry. My heup het in die voorval so seergekry dat hy my gesleepdra het.”

Die Vermaaks is dadelik na ’n woonstel op die erf. Dit het geblyk die egpaar wat daar woon, is ook vasgebind.

Die egpaar is Sondagoggend in die Mediclinic Kloof-hospitaal in Pretoria opgeneem en Dinsdag ontslaan. Hulle gaan die gastehuis-onderneming staak en wil steeds die huis verkoop.

Ria sê: “Iemand wat nog nie daardeur is nie, kan nie saampraat nie.”

Meer oor:  Ria Vermaak  |  Chris Vermaak  |  Standerton  |  Bejaardes  |  Roof  |  Gastehuis  |  Aanranding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.