Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Korrektiewe beampte vas ná verkragting van jong vrou

Speurders verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in die Noord-Kaap het Dinsdagoggend ’n 38-jarige man in verband met die verkragting van ’n 20-jarige vrou in hegtenis geneem.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, is die beskuldigde ’n korrektiewe beampte verbonde aan die Tswelopele- maksimum gevangenis in Kimberley.

Hy is in die nabygeleë informele nedersetting Galeshewe vasgetrek.

Die verdagte het na bewering die vrou Maandag omstreeks 03:45 in Kagisho, ’n woonbuurt in Kimberley, verkrag nadat hy haar met geweld oorrompel het toe sy van ’n sakeperseel na haar huis onderweg was, sê Ramatseba.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Galeshewe verskyn.

Volgens Ramatseba het die plaaslike gemeenskap die inhegtenisneming verwelkom, veral in die lig van die groeiende aantal sake van verkragting, mishandeling en molestering van vroue en kinders.

“Die polisie se spesialiseenhede se rol is juis om in te gryp en te probeer om prioriteitsmisdade soos verkragting die nekslag toe te dien,” sê Ramatseba.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.