Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kovsie dood in haar Bloem-woonstel gekry

’n Eerstejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus is Sondag dood in haar woonstel in die stad gevind.

Shakira van Staden (18).Foto: Facebook/Shakira van Staden

Shakira van Staden (18), van De Aar in die Noord-Kaap, het vermoedelik haar eie lewe geneem. Haar lyk is Sondag in haar woonstel in Universitas, Bloemfontein, gevind.

Haar dood kom net sowat vyf weke ná haar ma se dood.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê Shakira se woonstelmaat, ook ’n student van De Aar af, het Sondag omstreeks 12:30 op haar lyk afgekom.

Shakira is in ’n sittende posisie in die hoek van haar kamer gevind.

“Die oorledene het merke aan haar nek gehad en daar was ’n swart doek wat van die boonste handvatsel van ’n kas gehang het,” sê Makhele.

Van Staden het B.Admin studeer en was in haar eerste jaar, het Lacea Loader, UV-woordvoerder, Maandag gesê.

“Die bestuur van die universiteit is hartseer om aan te kondig dat een van sy studente gesterf het. Sy het glo oor die naweek haar eie lewe geneem. Die bestuur dra hul opregte meegevoel namens die hele universiteitsgemeenskap aan die familie en vriende van Shakira oor en wens hulle sterkte toe in die moeilike tyd,” sê Loader in ’n verklaring aan Netwerk24.

Makhele sê volgens die voorlopige ondersoek het Shakira se woonstelmaat die vorige aand die woonstel verlaat en met haar terugkeer op haar lyk afgekom.

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Shakira van Staden (18).Foto: Facebook/Shakira van Staden
Shakira van Staden (18).Foto: Facebook/Shakira van Staden
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.