Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kragkoepons: 6 agter tralies ná Valke toeslaan
Foto ter illustrasie.Foto: Verskaf

Ses mense, wat onwettige kragkoepons aan mense met voorafbetaalde kragmeters verkoop het, moet op 25 Junie weer in die landdroshof in Fochville verskyn.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê Sibusiso Alfred Migal (33), Sipho Joseph Mdlalose (38), Phindile Florence Mdlalose (28), Donald Vusumuzi Rammusi (32), Magala Petros Mohapi (42) en Victor Mdlalose (67) het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en diefstal.

Volgens Nkwalase is ’n sewende persoon intussen vrygelaat omdat dié nie met die misdade verbind kon word nie.

Nkwalase het vroeër aan Netwerk24 gesê die ondersoek wat in Mei verlede jaar begin het, is Woensdag afgesluit nadat lede van verskeie polisie-eenhede, asook spesiale ondersoekers van Eskom, saam daaraan gewerk het.

Spesialiseenhede van die polisie het Woensdag vroegoggend op persele in Gauteng toegeslaan om hulle in hegtenis te neem.

Die Valke in die Vrystaat het aanvanklik met die ondersoek in Bloemfontein begin nadat dit bekend geword het onwettige toestelle word gebruik om kragkoepons in die gemeenskap te verkoop. Tussen R150 000 en R250 000 se onwettige koepons is daagliks aan mense verkoop.

Volgens Nkwalase bly die ses beskuldigdes in aanhouding en sal op 25 Junie vir borgtog aansoek doen.

Meer oor:  Fochville  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.