Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Krugersdorp: Polisie skiet vermeende motorkaper dood

’n Vermeende motorkaper is dood en sy drie makkers, waaronder ’n vrou, is in aanhouding nadat hulle Donderdag vir die polisie in Krugersdorp weggejaag en teen ’n heining gebots het.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het, selfs nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en in die heining vasgery het, op die blitspatrollie-lede van die Wes-Rand bly skiet.

Die polisielede het teruggeskiet en een van die verdagtes doodgeskiet.

“Die lede was Donderdag in die vroeë oggendure besig met roetinepatrollies toe hulle ’n verdagte voertuig met drie mans en ’n vrou opmerk.

“Toe die blitspatrollie-lede die voertuig nader, het die verdagtes op hulle begin skiet en weggejaag,” sê Masondo.

Die toneel waar die vermeende kapers met ’n gesteelde voertuig Donderdag in ’n heining vasgejaag het.

Die polisie het hul agternagesit en die verdagtes se voertuig het in ’n palissadeheining vasgejaag.

“Die verdagtes het aanhou skiet op die polisie, wat toe teruggeskiet het. Een verdagte is noodlottig gewond. Die ander drie, insluitende ’n 37-jarige vrou, is in hegtenis geneem. Twee pistole is ook in die voertuig gevind.

“Volgens ons voorlopige ondersoek is die voertuig ’n week gelede in Hekpoort (sowat 30 km van Krugersdorp af) gekaap. Ons ondersoek ook of die verdagtes en vuurwapens met ander misdade verbind kan word,” sê Masondo.

Russell Meiring, woordvoerder van die ER24-nooddiens, sê hulle is Donderdagoggend om 01:20 na die toneel in Lisa-singel, West Village, ontbied.

Die bestuurder het ’n koeëlwond in sy bors gehad en was reeds dood. Die ander verdagtes was ongedeerd.

Volgens Masondo sal die oorlewende drie aangekla word van die besit van ongelisensieerde vuurwapens, die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig en poging tot moord.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek ook, volgens standaardprosedure, die dood van die verdagte.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Polisie  |  Misdaad  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.