Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Krugersdorp-skool waarsku leerlinge oor rowers

Die Hoërskool Monument in Krugersdorp het hom tot Facebook gewend om ouers te waarsku nadat enkele leerlinge die laaste paar dae buite die skool beroof is.

“Ouers word weer gevra om nie hul kinders alleen te laat stap nie. Leerlinge moet by die skoolhekke vir hul ouers wag waar daar sekuriteit is,” lui ’n inskrywing Dinsdag op die skool se Facebook-blad.

Die Hoërskool Monument waarsku leerlinge om paraat te wees ná enkele leerlinge buite die skool beroof is. Foto: Facebook

Johann Calitz, skoolhoof, het Woensdag gesê twee leerlinge is die afgelope twee dae deur rowers buite die skool geteiken.

“In die eerste voorval is ’n seun se tas gegryp. In ’n tweede voorval het diewe probeer om ’n selfoon uit ’n meisie se hand te gryp. Iets het hulle egter gehinder en hulle het in ’n voertuig gespring en weggery,” sê Calitz.

Calitz vermoed dat dit “opportunistiese” diewe is wat in die strate rondom die skool rondbeweeg en kinders teiken wat alleen is.

“Die leerlinge wat geteiken word is meestal kinders wat alleen in die straat loop, of alleen onder ’n boom sit en op hul selfone werk. Ons moedig nou leerlinge aan om by sekuriteitspunte te wag vir hul ouers om hulle ná skool op te laai.”

Volgens Calitz is geen van die leerlinge beseer in die voorvalle nie.

Piet Sparks, voorsitter van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê die polisie is in kennis gestel van die voorvalle.

“Ons werk nou saam en hoHoërskool Monumentu ons ore op die grond.”

Sparks sê lede van die GPF patrolleer sedert Woensdagmiddag die strate naby die skool se ingang om uit te kyk vir moontlike verdagtes.

Meer oor:  Hoërskool Monument  |  Johann Calitz  |  Krugersdorp  |  Leerlinge  |  Misdaad  |  Onderwys  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.