Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KSUT skort klasse op ná student se verkragting

Die Kaapse Skiereiland-Universiteit van Tegnologie (KSUT) het besluit om Vrydag en Maandag 9 September alle akademiese bedrywighede op te skort nadat ’n verpleegstudent van dié instelling verlede week verkrag is.

Dit word gedoen sodat die instelling “solidariteit kan toon met die slagoffers van geslagsgegronde geweld” sê Lauren Kansley, woordvoerder van KSUT. Dié besluit is in oorleg met alle belanghebbendes geneem, sê sy.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die 21-jarige eerstejaarstudent is Dinsdag by die Tygerberg-hospitaal in Parow, Kaapstad, se voetgangerhekkie oorrompel, ontvoer en in die bosse naby die Bishop Lavis-hof verkrag.

Haar aanvallers het haar later vrygelaat.

Die polisie ondersoek ’n saak van ontvoering en verkragting. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê Traut.

Die Tygerberg-hospitaal in Parow, Kaapstad.Foto: Verskaf

Lees ook: Student by Tygerberg-hospitaal ontvoer en verkrag

Kansley sê die universiteit is diep bedroef oor die voorval. Die student is ontvoer nadat sy ’n skof by die Tygerberg-hospitaal voltooi het.

Sy sê hulle is dankbaar teenoor die Thuthuzela-sorgsentrum en die Karl Bremer-hospitaal wat die vrou ná die voorval behandel het.

“Die feit dat ’n gruwelike misdaad soos hierdie met een van ons eie gebeur het, ondanks die huidige woede oor geslagsgegronde geweld in die provinsie en die land, maak ons ??meer vasbeslote om ons met ander te verenig, te treur en saam te staan.”

Kansley sê hulle is dankbaar teenoor dosente wat Vrydag gehoor gegee het aan hul oproep om die akademiese program op te skort, en neem kennis van die versoek van studente wat in reses is, wat ook ’n geleentheid wil hê om hul stem te laat hoor.

“Hoewel ons begryp dat daar sperdatums is vir assessering, projekte en praktiese opleiding, versoek ons ons ??kollegas om Maandag alternatiewe reëlings te tref. Alle studente word ook aangemoedig om Maandag na hul onderskeie kampusse te kom om deel te neem aan KSUT se pogings (om teen geslagsgegronde geweld standpunt in te neem).”

Kansley sê verpleegkundiges verpersoonlik die beginsels van menswaardigheid, altruïsme en empatie. Dat so iets gebeur met iemand wat studeer vir ’n loopbaan wat uiteindelik in diens van ander gaan wees, is baie hartseer.

Nomafrench Mbombo, Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, het die student Donderdag besoek. Sy het haar skok oor die voorval uitgespreek. “Die departement veroordeel hierdie soort aanvalle op ons studente ten sterkste en werk saam met die polisie,” het Mbombo gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.