Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Kuns’ op O.R. Tambo toe renosterhorings

Doeanebeamptes het op 41 renosterhorings by die O.R. Tambo-lughawe afgekom in ’n besending “kuns” wat vir Kuala Lumpur bestem was.

Luidens ’n verklaring van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het doeanebeamptes met snuffelhonde Dinsdag inspeksie van die lughawe in Kempton Park se pakhuise gedoen toe hulle op die horings ter waarde van R115,66 miljoen afkom.

“Die beamptes het gedurende hul inspeksie ses houers met 41 renosterhorings daarin ontdek,” lui die verklaring.

Doeanebeamptes het op 41 renosterhorings by die O.R. Tambo-lughawe afgekom.

Die Valke is oor die vonds ingelig en dit word ook deur die polisie ondersoek.

Tydens die inspeksie van die pakhuise is daar ook op perlemoen ter waarde van R1 miljoen en efedrien (’n hoofbestanddeel van tik) ter waarde van R600 000 afgekom. Die perlemoen was op pad na Hongkong en die efedrien na Madagaskar.

Edward Kieswetter, kommissaris van die SAID, sê onwettige ekonomiese bedrywighede lei tot miljarde rande se belastingverliese.

“Daarbenewens berokken dit ons ekonomie groot skade. Ons waarsku diegene wat deel is hiervan dat ons geen moeite sal ontsien om hulle aan die pen te laat ry nie,” sê hy.

“Hulle sal toekomstige geslagte nie ontneem van die voorreg om ons natuurskoon, waarvan die renoster ’n goeie voorbeeld is, te geniet nie.”

Meer oor:  Said  |  O.R. Tambo-Lughawe  |  Kuns  |  Doeanebeamptes  |  Besending  |  Renosterhorings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.