Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: 1 dood, 1 beseer in skietery

’n 41-jarige man is dood en nog ’n man (32) in ’n ernstige toestand ná ’n skietery op die Kaapse Vlakte wat glo met bendegeweld verband hou.

Die voorval het Woensdag omstreeks 16:00 op die hoek Boekenhoutstraat en Bonteheuwellaan in Bonteheuwel plaasgevind.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en is deel van die polisieondersoek.

Die oorledene se identiteit kan nog nie bekend gemaak word nie.

Die polisie ondersoek ’n klag van moord en poging tot moord.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigeen wat inligting oor die voorval het om die Stopmisdaadnommer, 08600

10111, te bel. Alle inligting sal as vertroulik gehanteer word.

Meer oor:  Kaapse Vlakte  |  Bendegeweld  |  Skietvoorval  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.