Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: 18-jarige vas: Veiligheidswag vertel van Centurion-aanval

Die man van Centurion wat Vrydagoggend kort ná middernag met ’n gholfstok en ’n mes aangerand is, het tydens die aanval die gesin se inwonende huiswerker gebel en haar gevra om “dringend hulp te ontbied”.

Só sê Lee Orren, mede-eienaar van Seek Security, wie se span eerste op die toneel was.

Die “paniekbevange” huiswerker het volgens Orren in die middernagtelike ure by Seek se beheerkamer, ’n blok van die huis in Avianlaan in Pierre van Ryneveldpark, aangeklop.

Barnie van Heerden (54) en sy vrou, Magda (49), is Donderdagnag in hul huis aangeval.

’n 18-jarige verdagte is Vrydag sowat 600 km van daar af in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap in verband met die voorval in hegtenis geneem, sê brig. Mathapelo Peters. Hy was glo in ’n Uber-huurmotor.

Die polisie soek nog na ’n vroulike verdagte.

Seek Security se Juandre Pretorius was Vrydagoggend eerste op die toneel en het die beseerde Van Heerden buite die huis aangetref, terwyl Magda nog binne was, sê Orren.

Die egpaar was nog by hul bewussyn en het veelvuldige steekwonde en ander beserings, wat vermoedelik met die gholfstok toegedien is, gehad.

Magda was in ’n kritieke toestand.

Die noodhelikopter is gereed om Magda van Heerden hospitaal toe te bring.
Die noodhelikopter is gereed om Magda van Heerden hospitaal toe te bring.
Die noodhelikopter is gereed om Magda van Heerden hospitaal toe te bring.
Die noodhelikopter is gereed om Magda van Heerden hospitaal toe te bring.
Die noodhelikopter is gereed om Magda van Heerden hospitaal toe te bring.
Die noodhelikopter is gereed om Magda van Heerden hospitaal toe te bring.

Pretorius het Herman Lombaard en Gerrit Gagiano van Seek Security se reaksiespan en Jason de Villiers van die mediese span dadelik ontbied, maar intussen met noodhulp begin.

Die veiligheidsonderneming het ook die polisie en nooddiens in kennis gestel. Hulle was volgens Orren binne minute daar.

Paramedici het die egpaar gestabiliseer en Magda met ’n noodhelikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg gebring.

Die helikopter het by die Ryneveld Corner Centre, ’n winkelsentrum naby die huis, geland.

Peters sê die twee verdagtes het in Van Heerden se voertuig gevlug.

Die voertuig is ’n paar uur later verlate in Tembisa aan die Oos-Rand opgespoor. Die 18-jarige man is later die oggend in Aliwal-Noord vasgetrek.

Frans Esterhuyse, ’n familievriend van die Van Heerdens, het Saterdag gesê die hospitaal sê Magda is “oukei”. Barnie sterk ook aan nadat hy Vrydag geopereer is.

Die polisie vra dat mense met inligting wat met die ondersoek kan help, die Stop Misdaadnommer 08600 10111 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.