Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: 5 dood, 30 vas in gyselaarsdrama aan Wes-Rand

Vyf mense is dood en 30 verdagtes in hegtenis geneem tydens ’n gyselaarsdrama vroeg Saterdagoggend by die International Pentcostal Holiness Church in Zuurbekom.

Zuurbekom is in Westonaria aan die verre Wes-Rand in Gauteng.

Luidens ’n twiet wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens omstreeks 10:30 oor die situasie uitgereik het, was die toneel toe steeds aktief en polisie-onderhandelaars was op die toneel.

Die toneel van die gyselaarsdrama aan die Wes-Rand. Foto: SAPD/Twitter
Van die vuurwapens en ander goedere waarop die polisie beslag gelê het. Foto: SAPD/Twitter

Beslag is op meer as 25 vuurwapens gelê.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die polisie sal later ’n volledige verklaring uitreik.

Meer oor:  Gyseldrama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.